Saturday, 26 March 2011

Stories en Geskenke in en oor ons Nes




Hierdie nes van ons se oorpronlike drie vertrekke is presies semetries gebou - natuurlik nog met rou kleistene en baie dik mure. Die kosynvleuels is van Oregon- en die kosyne self is van geelhout. Daar was ‘n voor– en agterdeur in elk van die drie vertrekke. Die bestaande voorbeeld hiervan is in ons eetvertrek. Ons moes van die vloerplanke vervang en glo dit—Geelhoutbalke was op Platberg geoes is. Die kaggel is nog oorspronklik en onder die vloerlyste het ons die mooiste plakpapier gekry. Tydens die herstelwerk aan die vloere het ons reg voor die kaggel—onder die vloerplanke die mooiste blou en wit bordstukke gekry. Die bordsktukke is nou deel van ‘n uitstalling saam met ouma Fincham se tee– en suikerpot.

Ons het natuurlik die lekkerte van ’n solder ontdek. Nooit voorheen het ons soveel plesier gehad en toe ek moes uitklim nadat daar lekker “popgespeel” en ek liewer kans gesien het dat die brandweer my moes kom red. Die manne in my lewe het gesoebat en gesmeek en na meer as ’’n uur my oortuig dat die afkomslag net so maklik is as die op gaan slag.

Die eerste sneeu het on in Junie 2001 beleef. Dit was vir ons ‘’n eerste ervaring.. Die familie en vriende het saam gewonder of ons huis nog staan. Gelukkig het hierdie ou “Lady” van bykans 150 jaar dit met ‘n “smile” gevat.

Nou  tien jaar later kyk ons terug na aldie wonderlike dinge wat die mense van ons dorp vir ons gedoen het. Daar is Tannie Rita en Oom Hamm wat sommer ons aanneem ouers geword het. Martie en Willem wat ons oorlaai met liefde, geskenke en raad. So het Martie se sus en haar Hennie vir ons die ou balke gegee waarmee ons die eetkamer se vloer kon vervang het. Matjan, Annette en Christina was sommer net altyd daar is. Oom Louis wat ons “Gentlemen"-Buurman was en natuurlik Tannie Cathy wat net altyd wonderlik is. Oom Louis het my altyd na my Oupa Fincham laat verlang. Koppig, ’n wil van sy eie, maar altyd ‘n “gentleman”. Daar is Tannie Lorraine wat almal se belange op die hart dra en dan op 'n dag vir ons die wonderlikste "wind-charm" gegee het.  Alles van ou eetgerei.  Daar is Heike wat die wonderlikste dinge met ons deel.  Haar ligskerm het 'n ereplek in ons kombuis.

Ons het die wonderlikste geskenke gekry. 'n groot warmte het ons harte gevul toe Tannie Cillie vir ons ‘n voorskoot gestuur het. Die “swart nommertjie” was deel van die Voortrekkers se trek oor die berg.  Saam met Grootjie van Wyk se kappie en die Dreyer-tannie se journaal het dit ’n ere plek gekry . Daar is die worsstopper wat van Winterton gekom het. Grootjie Gauche se nagrok gee die slaaptyd horlosie oemph. Die klere in die raam vertel van Tant Poly en Oom Salman. Daar is hoede van die Susters en ‘’n deel van ‘n kostuum uit een van TRUK se opvoerings. Oupa Fincham se uniform pryk in 'n deur se agterkant. Oom Andries Odendal se “Pilgrim’s Progress “ vorm deel van wonderlike versameling ou boeke wat ons van oral , maar veral van Jan en Rista gekry het.

Tant Polly het die “Tatting” gedoen toe sy 82 jaar our was. Die seuns se “ander” ouma het die Lang-en-kortsteek werk gedoen. Ouma Floss het die Hardanger en Tapeseries gewerk. Ouboet se koppie kassie met sy Ouma-grootjie se koppies hang met trots teen die muur. Ouma Fincham se stryktafel is nou ‘n klein lessenaar in ‘n kamer. Ouboet het sy Pappe erg verras met die kassie wat nou al sy Lugmagkentekens en medaljes huisves.

Daar is die satynhoutkassie wat ‘n 21ste verjaarsdag geskenk was. Die anderste Jonkmanskas is nou ‘n b√™replek vir wyn. Tannie Louis se wastafel hou ons glase veilig. Die riepiesstoele kom as trougeskenk uit Knysna. Die Royal Albert koppies was Peetma, Zenobia, se troupersent. Die lig bokant die eetkamertafel was die eerste elektriese lig op Ramaklabama. Daar is die familie protrette in’n besondere naam. Die kleedjie wat Oupa Barlow van El-Alamein gebring het na oom Luther se dood. Die besonder handsak was deel van Mamma se trou uitrusting. Haar trou-ensambel vorm ‘n gordyntjie vir ‘n gastekamer. Die vrugte sepies is met sorg deur Oupa Victor vir ouma Hes gekies. Oupa Victor is gebore tydens die “Seige of Mafeking” in 1900. Die medisyne kissie is nog Oupa s’n. Daar is die lekkerte om Oom Koos se oorlogsmedaljes te bewonder en te onthou van die stories wat saam met party gaan.

Soos Tannie Koekie opgemerk het—jy het ‘n “goetertjies-huis” en my engeltjies sal lekker hier bly. Haar engeltjies hou van die kerse in die eetkamer vas.

Ouma Sannie se “Singer” en die kllein Guhl & Harbeck “Original Express” model van 1870 het ereplekke. Die Gullhl & Harbeck het uit Mr Todds se motorhuis gekom. As hierdie twee nederige naaldwerk masjiene kon praat, sou daar seer-sekerlik ‘n interesante storie of twee te vertelle gewees het.

Die vloere kraak onder die hand-geknoopte matte—geknoop deur’n bewame vrou uit Lesotho—wat verte lvan ver plekke en so ook naby plekke.

Vir ons is bome vriende en ons wonder baie hoe sou ons lewe gewees het as oom At nie die laning van 12 akkerbome uitgekap het om plek te maak vir Clarence se perskebome. Jammer net die perskebome bestaan nie meer nie. Ons geniet wel die vyebome wat al die pad van Pa Pieter se Riversdale gekom het.

Wasdag “blues” van ouds is weg gestryk met ons klein versameling van “sad irons” en die "sprit".

Daar is die lieflike ou glas blottels wat Christi en Jan aan ons bemaak het. Elkeen ook met ‘n eie storie. 

Die drie roosbome het Pedri vir ons gegee - Die Pretoria News Centenary rose.  

Geskenke van die bure

Die bure kuier by ons 
 In die woorde van Tannie Naomi  Krogman:  “dis ‘n deurmekaar nes, jy verlang na lank, lank gelede—maar dis ' n netjiese nes". Die nes van ons het ‘n “storie-nes” geword.

Sonder humor sou ons nooit kans gesien het vir hierdie lekkerte nie. 

  n Mens sonder humor is 
soos ‘n wa  sonder vere,
hy word rondgestamp 
deur elke klippie op die pad.  
Henry Wart Beecher